Jongste aktiwiteit:

Guillain-barré

As die groot boom van die Libanon ‘n klaaglied huil
en oornag ‘n reus se krag ongevoelig kom steel
is daar nêrens ‘n plek waar my warboel emosies kan skuil
wrang kronkel my gedagtes deur ‘n verwronge druiweprieel.

Deur die kosbare silwerkroon, fluister skeefgetrekte woorde
op die lispelgange van kromgebuigde takke
vorm letters; (dom) in totale wanakkoorde
soos blomme deur verdraaide en vergete wrakke.

Met sy lugweë tot koggel-klank erg gestriem
so asof tongverdroogde woorde tot krummels val
terwyl trane deur verwese ooglede priem
en vuiste onmagtig bal.

Dan veredel ek my liefde in elke kosbaar blaar
terwyl ek steeds in weemoed na hom staar.

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed