Jongste aktiwiteit:

‘n Hofmaak Lied

O’ my geliefde, jou oë is duiwe en hulle lag! Jou lokke warm en sag soos mossies jou hare is donker golwe wat troos en bekoor, jou glimlag hemels vroom en heilig betower en verower, vertel van raaisels en van verborgenheid en diep geheimenisse.

Jou rok is kosbaar sonder prys, valleie en elke skakering groen diep mistig klowe met varings en lappies klawers, borduur met lig en skadus in silwer. Jou voete sal met mates liefde gewas word en met glas en goue sandale beklee word. Tussen kettingtjies van goud en pryslose juwele, net een robyn se skitter ‘n vonk en ‘n flits in jou hals, een vlam ‘n sagte fluister een straal van jou oë het my hart oorwin.

Jou oë is warm van goedheid, jou arms is vol krag maar jy is sag en teer met die sorg van ‘n moeder. Fluks is jou hande, goeie werke in oorvloed van deugde vrolik jou arbeid. Jou omhelsing is met ‘n vrou se teerheid. Jy is ‘n ontvlugting ‘n skuiling ‘n bergvesting. ‘n Vrou wat die Here vrees veilig en sterk is jy.

Die reuk van jou hare jou liggaam is eksotiese aromas van suiwer balsems en salf. Jou middel is ‘n kelk met belofte van nuwe wyn, van druiwe vars appels en dadels die heerlikste vrugte van die koning se boorde en wingerde. ‘n Prins sal hom verloor in jou liefde en lang sagte hare deur die nag tot die dag breek.

Pilare van marmer bewaak en ivoor versier kunstig die paleis hekke. Die lieflike tuine van Salomo is heilig in prag en vrede. ‘n Eden se rose van soete geure met die eerste son blink doudruppels, pienk wit en rooi daar is blinkend pêreltjies oral op die lower groen gras, duiwe roep soos in die paradys, waar my hart is is my skat!

My beminde my prinses, my vriendin my skone my duif my geliefde! Al my fonteine is in jou!




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed