Lentevreugde
Lentevreugde
Ek ken die blomryke Bolandse Lente,
ek ken Namakwaland se blommeprag,
Gauteng se pragtige kosmosblomme
wat die hoofpaaie weerskante opvrolik- – –
Ek ken die droë Lente van my Heimat
smagtend na ‘n vroeë Lentereën
waar die fyn opslag en droë twagras
hunkerend gereed is vir ‘n lentedos – – –
Maar droogte of oordaad in my hart is
ewig lente want jou liefde laat blom daar
gousblomme, kosmosse, arumlelies, fynbos
heeljaar met voëlsang en huppelende bokkies- – –
Bye zoem van blom tot blom daar is oordaad nektar,
en jy my lief, is my hart se heuningsoet Lente – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.