Vêr verby die somer (Goud)
met die somer aan flarde
en die winter in volle vaart
is jou bestaan die hittebron
van die eerste dag van my lewe
in die grouste koudste winter
vêrweg verwyderd
van my somertroos
is jy die kolebed
wat my hart ontdooi
met jou aanraking so vurig
soos die skemerson se strale
wat strelend oor my lyf flikflooi
jy is die aanbreek
van ‘n nuwe dag,
die kraakvars begin
waarin liefde smeulend staan
om die bloukoud knou
van die winter se nypende byt
volkome hok te slaan
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek