Jongste aktiwiteit:

Verlange

je ne regrette rien
met die verkoop van ons huis
het ek hoop verloor, my hart gesmoor
in ‘n ander huis voel ek vergruis, ontuis
maar nuwe drome lê voor

je ne regrette rien
plat gestryk en gekrap
soos gekreukelde papier
deur lewe geklap, pap vertrap
ons lewe is nou hier

je ne regrette rien
wanneer ek vir ou laas
my voordeur sluit
in ‘n waas van trane die aftog blaas
weet ek dis regte besluit

je ne regrette rien
vroegdag as koninghaan kekkel kraai
en beeste bulkend blaas
kan ek ons seisoen voel draai
nes voëltjies in skares sing en raas

je ne regrette rien
met elke aand se sonskynsoen
vul vrede my verstand onverbloem
God kan wonders doen
verlang ek na ‘n huis wat ek my eie kan noem

non, je ne regrette rien

©Jessica Venter
05/01/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed