Basiese Profiel
Jessica Venter
Ek is gebore in Pretoria en het daar groot geword. My ma was ‘n enkelouer en het my dus alleen groot gemaak.
Ek is al 15 jaar getroud. Ons het twee kinders, ‘n seun, Armand en ‘n dogter, Bianca. Ons bly in Randfontein tussen al die mynhope maar dis my tuiste.
Ek het sekretarieël geswot by Randfontein Kollege. My man het sy eie vervoermaatskappy, ek doen al die kantoor werk al vir baie jare.
My stokperdjies sluit in lees en skryf. Ek doen ook tans ‘n digterslypskool kursus. My passie vir skryf het eers ‘n paar jaar gelede ontpop. Ek het al drie boeke deur Kwarts Publishers gepubliseer. Hulle is beskikbaar in Bargain Books, op Amazon as e-boek asook op Kwarts Publishers se eie webblad.
Ek het ook laas jaar ‘n ses maande kursus in kort verhale voltooi deur Die Skryfbesigheid asook deur Liberty University het ek ‘n kort skryfkursus voltooi aan die hand van Karen Kingsbury. Ek is tans besig met ‘n ses maande kursus in die skryf van Romanse aangebied deur Madelie Human.
Ek help by honde rescue, genaamd The Dachshund Haven. Ek doen elke week al hulle facebook plasings en ek hanteer al hulle admin.
1983-04-29