Jongste aktiwiteit:

Somerstorms

as die winde woedend fluister en om die hoeke huil waar die dwarswinde sit en pruil tot my horison verduister   in die stortvloed van wanhoop vasgekluister dobberend teen die kuslyn verskuil tot waar hoop my vrees verruil en my met vrede kom verbyster   as somerstorms om my woed en ek begin in die […]

Lees meer

Skakerings van blou – SILWER

indigo kleur jou horison bitter waar sonstrale soos blinkers op jou blink blou branders skitter en weergalm jou dreunende donderstem nes klinkers   turkoois breek jou golwe skuimwit en spoeg jou bolle oor die goue sand  jou seepoësie kom neem my in besit vir ewig het ek my hart verpand   as jou donker deinings […]

Lees meer

Christusfeesaroma

as die Christusfeesaroma jou hart oorstroom  deurspoel die essensie van Kersfees jou gees   Jessica Venter 12/12/2024

Lees meer

Seebries

my hart deining ritmies met elke gety as my hare deur jou golwe kroes en my blou omhelsing oor jou skouer proes waar my begeerte oor jou sandspore branderplankry   my souttrane sproei en belei as ek oopmond skuimbolle hoes dan dreun my naspel ’n satire oor jou goudbruin roes want uit my kern sandduin […]

Lees meer

Lente se eerste hartklop

eerbiedig reën lente se eerste hartklop oor winter se laaste asem wat steeds koel jou wang kom streel   met sy soetaroma lag die aarde  in volkeur oor nuwe botsels wat lewe  en hoop bring   (C) Jessica Venter 17/09/2024

Lees meer

Koue vuurherd

onder die soet maanlig skroei die herinnering  van jou blinkvosperd  deur my gedagtes  en onthou ek jou soene proe van whiskey en tabak   as elke noot vals vibreer  op jou bokskitaar  terwyl die ramkiekie tokkel  breek my siel ‘n snaar   die melodie  van ons weivelde sing sy sopraanwysie  as my hart sy skoenlapperdrome  […]

Lees meer

Vredesoase

wanneer die vrae bar oor my siel kom waai  en die hoekoms  ‘n woeste warrelwind kom saai hoor ek Sy stem  in die stofwolk “rus in My vrede” terwyl die storm om en om kolk   met die toekoms se onsekerheidswolke wat my wêreld  op sy kop kom draai is die dorre woestynpad met ‘n […]

Lees meer

Stem in die wind

selfs in die ritsel van die wind sal ek U stem hoor   (C) Jessica Venter 25/10/2023

Lees meer

Genade plooie

b-l-i-n-d is die hart wat slegs die mooi  van ‘n lyf onthou  l-e-e-g is die siel  wat aan die wêreld  se skatte vasklou   ware rykdom  lê in hoe ons liefhê  dis die mooi van jou siel wat my hart onthou  en al lê jou grys wysheid teen jou slape en jou oë se blink […]

Lees meer

Wingerdwoorde

as jou spasies decrescendo deur my gees dan verstaan my hartseer jou song   jy skilder elke emosie met jou stiltes   want die hartklop van elke noot speel deur my siel sy solo simfonie   maar my gedagtes  kleur jou eggo’s   wat weergalm deur jou retoriese refrein tóg kultiveer jou klank my lofprysings […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed