Skakerings van blou – SILWER
indigo kleur jou horison bitter
waar sonstrale soos blinkers
op jou blink blou branders skitter
en weergalm jou dreunende donderstem nes klinkers
turkoois breek jou golwe skuimwit
en spoeg jou bolle oor die goue sand
jou seepoësie kom neem my in besit
vir ewig het ek my hart verpand
as jou donker deinings my siel vasvang
kom sit jou soutsproeiwasem
klam teen my wang
jou ritme deurdrenk my asem
want tussen jou skakerings van blou
het my angs verflou
(C) Jessica Venter
31/01/2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek