HERHAALDAE (goud)
soos ‘n bleek hand wat leemtes vul –
gebare sonder gewig,
‘n dowwe truspieël van voortye
wat hulself oor en oor herhaal.
het ek vroeg my hande na bo gesteek,
skadu’s vol beloftes probeer pluk –
net om te kyk hoe dit
in die skerp sonlig verdwyn.
‘n sirkelgang wat kom en gaan,
oor die klowe van wag-dae,
waar tyd lank en eindeloos hang.
‘n wandelaar deur ons kringloop,
van tyd waar alles net verlore gaan,
om weer oor en oor gevind te word.
in duisende splinters spat,
sal ek dit probeer bymekaar hark,
elke oomblik saggies vashou soos glas.
sal bly draai en draai
om elke swygende horison,
waar sekondes self weer lewe skenk
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek