Jongste aktiwiteit:

HERHAALDAE (goud)

Ek het gister gesien,
soos ‘n bleek hand wat leemtes vul –
gebare sonder gewig,
‘n dowwe truspieël van voortye
wat hulself oor en oor herhaal.
Vandag, vlietend,
het ek vroeg my hande na bo gesteek,
skadu’s vol beloftes probeer pluk –
net om te kyk hoe dit
in die skerp sonlig verdwyn.
Môre hang reeds doer oor die rante,
‘n sirkelgang wat kom en gaan,
oor die klowe van wag-dae,
waar tyd lank en eindeloos hang.
Hier is ek nou,
‘n wandelaar deur ons kringloop,
van tyd waar alles net verlore gaan,
om weer oor en oor gevind te word.
So, wanneer hierdie dag eendag ook
in duisende splinters spat,
sal ek dit probeer bymekaar hark,
elke oomblik saggies vashou soos glas.
Want die skynsel van vergetelheid
sal bly draai en draai
om elke swygende horison,
waar sekondes self weer lewe skenk
aan vandag, ‘n mooi môre of ‘n nooit.
© 01/2025 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde



1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed