Slim vang sy baas Goud
jou riempies raak dun
en styfgetrek
jou verskonings uitgewas
meesterlik kon jy flikvlooi
jou prooi…
stewig vas
die web van jou vernietiging
in silwerdraad gespin
met suikersoet belofte
jou skatte ingewin
geregtigheid sal seevier
jou silwerdraad sal breek
in die rat van jou verneukspul
word ‘n kromhoutdolk gespeek
Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2023 KLUG projek