Jongste aktiwiteit:

was – beeld

oor die gladde kranswande
stort daar strome water af
drywende miswolke vorm
gevul met reënboog strepe
   
eeue gelede was die rots grof
grond verskuiwing het water
herlei na hierdie nuwe stroom
waar water ruwe rotse poleer
   
oral teen die kranse hang daar
groen rankplante met fyn mos
waaruit sag reëndruppels drup
wat ver onder in die poel plons
   
bokant die geluid van die val
klink skerp die ge kaa-kaa-ka
van bergloerie se dawerende
roep wat oor die woud kaats
   
op ‘n eensame rots sit sy
en staar in vervoering na
die skouspel van dit alles
versonke in wat kon wees
   
bo die toneel sweef hy nog
vlerke uitgestrek en sweef
hy met skerp oë gepriem
op enige lewe ver benede
   
alles het so begin met lig
na elke helder dag ‘n nag
grepe uit donker verlede
wat weerspeel verhelder
   
©Teárlach.



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed