was – beeld
oor die gladde kranswande
stort daar strome water af
gevul met reënboog strepe
eeue gelede was die rots grof
grond verskuiwing het water
herlei na hierdie nuwe stroom
waar water ruwe rotse poleer
oral teen die kranse hang daar
groen rankplante met fyn mos
waaruit sag reëndruppels drup
wat ver onder in die poel plons
bokant die geluid van die val
klink skerp die ge kaa-kaa-ka
van bergloerie se dawerende
roep wat oor die woud kaats
op ‘n eensame rots sit sy
en staar in vervoering na
die skouspel van dit alles
bo die toneel sweef hy nog
vlerke uitgestrek en sweef
alles het so begin met lig
na elke helder dag ‘n nag