
Kreatiwiteit
Dink bietjie meer kreatief my lief,
laat jou kreatiwiteit van binne vloei
wees ‘n geskrewe emosie-dief
woorde wat dans, woorde wat bloei.
Laat jou kreatiwiteit van binne vloei
Beeldspraak, sinekdogee en simboliek
Woorde wat dans, woorde wat bloei
die somtotaal van manjifiek!
Beeldspraak, sinekdogee en simboliek
wees ‘n geskrewe emosie-dief
die somtotaal van manjifiek,
dink bietjie meer kreatief my lief!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.