
Lessenaar
die varkhok staan stil
in die gewoel van hongervarke
almal ewe geregtig op nog
van kleinste tot alfabeer
elkeen gesteld op eie
status en vreetplek
al die varkies
drink aan dieselfde speen
nou driekwart leeg
dié sog gaan opstaan
die vratevrag afskud
ongeag die mae status
almal val op eie
stukkie vuilgrond, skree
hardloop na naaste hoek
met kop onder ander se mae
of snork kwaad
oor die onreg
by my trog versekerd
met jare se vreet ervaring
staar ek bang na skreiende menigte
met geen nou of môre plan
vir lae ego of leë maag
sonder trog voer
weesvarkie by ingangshek
staan op vaste gesplete pote
die het nog nooit ń tiet gesuig
en is altyd laaste by leë trog
wat sou ek wou gee
vir sy uhuru idees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.