Hande
Teer genade hande
Bring Liefde in aanraking
Breek die uurglas van die verlede
‘n Verlede in die niet vergaan
Groot stewige hande
Bring Liefde in omarming
Hou die uurglas van die toekoms
‘n Toekoms van saamstaan
Sagte gerimpelde hande
Bring Liefde in berading
Dra die uurglas van hoop
Hoop van ‘n nuwe bestaan
Saamgehoude hande
Bring Liefde in ondersteuning
Die uurglas van die hede
‘n Hede beplan in ‘n perfekte baan
God, die Vader se hande
Bring Liefde in die versekering
Dat Hy elke korrel in die uurglas ken
‘n Kennis dat met Hom aan jou kant sal jy nooit verlore gaan
Geskryf deur C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige gedig, jy mag slegs 2 inskrywings per afdeling inskryf vir die maandelikse projekte