Jongste aktiwiteit:

Dorre takke

Strooihalm’vingers streel sag oor my hart
die sneeuwit’wolke hang laag in die lug
teen die huis se muur
tik die horlosie se wysers stadig om elke koue uur

Die herinneringe van die jare
voel soos krummels in my hande
vir ‘n oomblik voel ek weer die onthou
wat soos stippels skaduwees, die verlange omvou

Wolf-pluk gister soos ‘n doring in my vlees
Huil my hart in die goud-geel maan
Flikkerskaats onweerstaanbaar mooi ‘n vurige pleidooi
deur die kaaldroë takke in my gees




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed