Sy is
Al is haar hart
in ‘n miljoen stukkies gebreek
Herhinner elke pynlike maat haar
dat sy sal oorleef
Sy sal
Sy sal
Sy sal
Haar oë is vasberade vasgenael
op dit wat voorlê
terwyl trane hartseer spore
op haar gesig los
Die vuur binne haar dryf haar,
stook haar moeë siel,
Soos ‘n lokomatief van ouds
begin sy stadig seil oor die spore
wat vir haar gelê is
Sy sal hierdeur kom
Sy is ‘n vegter
Sy is ‘n vrou
Sy is
Sy is
Sy is
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek