Sonsak
As die son sak op die horison en die donker die aarde kombers,
druk die Meester Skilder Sy kwas in die verf pot.
‘n Goudgeel bal verskyn op die horison,
goue spatsels versier die kombers,
teen die ligblou hemel ontplof spier wit strepe.
Met ‘n vinger vryf Hy oranje-geel op die randjie van die horison.
Dun swart arms wikkel hulself oor die kombers,
ligte takke verberg die skerp oog van die son.
Geskryf deur C Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.