GLIMLAG
Gly die mis van die nag
in die valeie van vergete weg
stap die oggend se son ligstrale
saam met die Kerkklok se lang arm wyser
die hoofstraat met ‘n glimlag in
Die nag se sweet
hang aan traliewerke by vergete monumente
glimlag vir die skaduwees
en laat ‘n dros druppel handskud met die aarde
met ‘n glimlag vir die oog verbloem
Stofwolke vleg bruin pof-krale
om doringdrade se geroeste hakkies
langs paaie op soek na môre
waar gister se glimlag
verdrink in vandag se mooi
en jy by my kom staan
… gee my jou glimlag
en ek maak hom vir jou mooi
gevleg in Namakwaland se blommeprag
en ek maak vir ons ‘n tuin
waar ons kan sit en kyk na niks
en jy jou glimlag met my deel
2 Kommentare
-

Evelyn van der Merwe
Hierdie is uitstekend gepen. Hou hiervan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
dis absoluut asemrowend mooi louie