Jongste aktiwiteit:

In die koelte van ‘n krom Karee

In die koelte van ’n krom Karee
sprei lappieskombers en vonkelwyn
Malmiere baljaar in smeltsjokolade
want die wind het wilde woorde
woes, warrelend weggewaai
na wye wildvreemd’ oorde

In ‘n vrotskuit op die spruit
met slegs een enkel spaan
sypel water deur die bodem
wyl Rooivink kwetterend skree
op die riffels van die water –
gebroke lettergrepe betraan

Tussen klowe en berghange
eggo holklank van verlange
maar die waterval se rammel
waar Arende kuikens voer
stuit eggo stil in sy spoor
as enkeling angstig rondloer




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed