TUSSEN KLANKE EN SKADUWEES (goud)
en die wêreld voel soos ‘n jas wat knel
waar jou huis se mure jou stiltes steel
jou dagboek soos kettings om jou klap
en die stad brul soos ‘n ongenooide gas
te veel stemme, te veel vrae, te veel seer en
na ’n plek waar sagte melodieë jou roep
waar voëls die dag met dolce tonaliteit skep
’n tuin vol lewe waar jy kan verdwyn
terwyl skadu’s jou vol sonstrepe verf
waar natuurlike klanke
jou tot rus bring
om jou weer heel te maak.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek