
TUSSEN KLANKE EN SKADUWEES (goud)
Wat as jy een oggend wakker word
en die wêreld voel soos ‘n jas wat knel
waar jou huis se mure jou stiltes steel
jou dagboek soos kettings om jou klap
en die stad brul soos ‘n ongenooide gas
en die wêreld voel soos ‘n jas wat knel
waar jou huis se mure jou stiltes steel
jou dagboek soos kettings om jou klap
en die stad brul soos ‘n ongenooide gas
Wat as alles raas—
te veel stemme, te veel vrae, te veel seer en
te veel stemme, te veel vrae, te veel seer en
jou hart net verlang
na ’n plek waar sagte melodieë jou roep
na ’n plek waar sagte melodieë jou roep
’n Stoep wat asemhaal oor ’n oop landskap
waar voëls die dag met dolce tonaliteit skep
’n tuin vol lewe waar jy kan verdwyn
terwyl skadu’s jou vol sonstrepe verf
waar voëls die dag met dolce tonaliteit skep
’n tuin vol lewe waar jy kan verdwyn
terwyl skadu’s jou vol sonstrepe verf
’n Oord, net jy en die aarde se stem
waar natuurlike klanke
jou tot rus bring
om jou weer heel te maak.
waar natuurlike klanke
jou tot rus bring
om jou weer heel te maak.
© 12/2024 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek