Jongste aktiwiteit:

Interdimensioneel

Ok hier is die waarheid ek was onder die indruk dat ek kan Haikoes doen maar met misgeplaasde hoop lol so toe hou ek maar van die werkies en benoem hulle “interdimensioneel” sê maar dit is die “inbetween stuff” gedagtes en woorde wat saam rondryf.

⦁ Ek het tot nou stilgestaan
die voertuie koers terug
verlore kind in ‘n bandopname.

⦁ Ek het pleisters óór my oë
vergete krabbel my spie
die bloulyn se gepopel.

⦁ Vergewe my Koos, was dit jy?
hier antwoord ek self
perikuleus.

⦁ Stilte is ‘n bose skep, die soeke nog boser
agter my dempende kwas
appelblou figuur sé das.

⦁ Dit was ‘n lang glas
ek is nugter
a.g.v self narkose.

⦁ Dag by die werk
somer sé hitte hang
onder die lugverkoeler lam.

⦁ My spie kliek klak
my vingers soek gedagtes
ek wonder steeds.

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed