DIE SOLDAAT
Die Soldaat
die stoomtrein blaas sy
bolle stoom oor die
perron
die kondukteur blaas
sy fluitjie
die masjinis antwoord
oorverdowend met die trein
se fluit
sy staan op die perron
truitjie swart en wit
om vir my goebaai te se
want ek gaan weg
my trommel balsak en geweer
is gepak in die kompartement
ons kan mos nog vriende wees
was haar laaste woorde
asof dit nog belangrik is
in my kop wonder ek
want my sheila se ducktail wag
op sy bike vir haar
om te kom
vir hulle volgende avontuur
die trein stoom uit met
n lang fluit
die waens ruk
en ons weet ek is op pad
by die fonteinedal dwaal my gedagte
na my sheila
waar ek en sy gekuier het
toe ons nog gekys was
gou is dit agter en hoe verder
ek gaan
vervaag my gedagtes
al hoe meer
terwyl die bike voortsnel
weg van my
my sheila word net
n hersenskim
met elke klop van die
spoor is ek op pad
weg van my sheila
en haar nuwe avontuur
klouend aan haar ducktail
om nooit weer te sien
nooit weer hartseer
te ervaar
vir altyd en altyd verby
maar die einde is dit
nie vir my
want n nuwe oorlog le
nog voor
voor die laaste taptoe
sal speel
in my bunker wag ek vir
laaste lig
meteens is my sheila daar
waar ek le met my R1
en my helmet
en onthou ek
van my liefde
vir haar
terwyl die son sterwend
daal
dit is al
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Ja swaar nie baie kan meer direk die ervaring onthou nie maar jou uitbeelding sal baie daaraan blootstel, dankie Kommetaar sal net wees onthou die ^ dit is klein maar sal jou gedig net verbeter. Ek sou ook “ nooit weer hartseer te ervaar vir altyd en altyd verby” verkort deur laaste reël uit te haal nooit is mos altyd ? Net my opinie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
ai dis roerend! Hierdie toneel het homself soveel keer afgespeel met ons troepe wat so ver vir ons land moes gaan veg.Pragtige gedig!