EK KEN N VROU
Ek ken ‘n vrou
ek ken n vrou
wat se geloof sterker
is as myne
ek ken n vrou
wat n voortrekkervrou
kon wees
en kaalvoet oor die
drakensberg kon trek
ek ken n vrou wat
met deernis na n kind
kan uitreik
en vertroostend
wees waar angs
floreer
ek ken n vrou wat
met insig die regte
besluit kan neem
waar ek as man so maklik
faal
al is ek groot en sterk
en slim
ek ken n vrou wat
met koestering
my hart kan tem
my wildheid laat gaan
ek ken n vrou wat
haar familie deur
dik en dun
bystaan tot die end
ek ken n vrou wat
liefhet sonder weerga
wat liefde strooi
soos sterke reen
hierdie vrou is bekend
aan jou
jy het haar dikwels ontmoet
want dit is
Jy
3 Kommentare
-
-
Anze
bravo vir hierdie pragtige ode aan jou geliefde!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Pragtige ode aaniemand wat inderdaad haar plek kan volstaan.