Skatkis
Skatkis
Deur: Ryno du Plessis
Onder die groot houtbed bêre hy sy pennies en ponde.
Goud en silwer was sy lewe aan vasgebonde.
Elke sent sou hy drie keer draai.
‘n Winskopie maak hom opgewonde.
Volgedekte tafels kreun onder kos en drank.
Dit wat oorbly, kry sy brak.
Onder by die hek sit ‘n boemelaar.
Hy droom oor die krummels van die tafel af.
So tussen sy rafels bêre hy sy skatkis:
‘n sakbybel en ‘n sakdoek eens van sy pa.
Die lewe wil gelewe wees, soms onder, soms bo.
Iewers het elkeen ‘n skatkis oor iets wat vir hom werklik werd is.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.