Die plaashek
Die Plaashek
Deur: Ryno du Plessis
Oom Karools sit op die stoep,sy piepklein huisie gevul met baie liefde.
Geldjies maar min, tog het hy sy stukkie aarde bemin.
Met ‘n koppie boeretroos, as die son begin laag lê, sê hy:
“Kerels, nog ‘n dag het ons gewen.”
‘n Bakwielfiets teen die muur, hy spaar nog vir ‘n skuur.
Tot dan moet gereedskap en waardes eers die son verduur.
‘n Selfgemaakte plaashek uit bloekomboom-takke, hy het dit self gekap.
Sou jy deur daardie hek vandag nog loop of ry,
hoor jy in die stilte hoe Oom Karools dit sê:
“Hier op my lappie grond is ek vry.”
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.