
olie kolonie
water van Keulen
jy ruik lekker my vrou
volksetimologies uit frans
Trichardt praat van oude kolonie
uit ons verlede – agtien-agt-en-dertig
was die olies ook maar net vars
kon almal daardie reuk vat
baie versmorende effek
op my neus in die kerk
ou tannie kolonies
met wit poeier
versmoor
sing
vandag nog
in die koor
© Tearlach.
4 Kommentare
-
morne du preez
EK het hierdie gedig baie humoristies gevind en so waar ook die "ou tannie kolonies"
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek