
Vooraf
Gee vir my die sonlig in jou beeld
wat blink soos die rug van ‘n brander
gee my-
en die vrede van jou tempels
die fluister van jou stem
die mantel van jou soene
die goud van jou stiltes;
Gee my net een keer
die blik van jou oog
om die holte in my hart
met jou heelheid toe te plak.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.