Hartstog
In die skaduwee
van my swewende vers
bêre ek jou vlam,
want die donker
maak my bang —
dan wag ek
tot jou voetspore
my hart vang
om die lig
van my stil gebed
flinsterend
oor ons Noordpad
te gooi.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi