Jongste aktiwiteit:

Aan die einde van ñ reënboog

Aan die einde van die reënboog…

 

Potte vol goud het ons van kleins af gedroom. Groot geword en gewens dit is waar.

 

Sou die reënboog se einde net ’n beter lewe kon bring.

 

Sou trane maar net kon verdwyn, skuld ’n ander huis gaan soek.

 

Sou die reënboog se einde van ’n donker gister na ’n beter môre kon strek…

 

Tog bly die belofte van jare terug nog staan. Geen vloed sal jou lewe laat vergaan.

 

Reën maak skoon en laat die lewe groei, al is dit ook soms deur ’n traan.

 

Sou die hartseer woed, weet jy sal nooit in trane kan verdrink.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed