Seisoen toeris
Ek bibber en rol myself bondeltjie gevou
sal Morpheus my slaap stories onthou?
die winterkombuis?
die winter laken wat vou?
bibber-grys-kou
reis ek uit,gekrimp en verklein
soos ‘n pruimpie ryp gesmeer
te vertrek
sal ek maar…
Morpheus se stories onthou?
en as dagbreek kom
en die tyd om dop
tot skemer en kelk
en dolosse agtermekaar span
doublom vir somer sang.
©morné du preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek