Jongste aktiwiteit:

Sneeuman

Iewers in die sneeu probeer iemand regop kom, skuif-skuif en kreun-kreun om weer te probeer. Net sodra hy regop staan gly sy een voet voor hom uit en slaan hy weer neer. Dis ‘n ouerig oom met ‘n koddige hoedjie op sy kop, dalk ‘n Fransman of Italianer. Die ski spane is styf in sy hande vasgeklem, hy is redelik geset maar het die mooiste blou oë.

Hy kyk ongemaklik rond, seker om te kyk of iemand hom nie sien nie. Dan staan hy weer regop en sy voete beweeg stadig tot hy ‘n redelike spoed het, verbasend ski hy ‘n hele ent voor hy weer val. Dan is daar stilte, en die gedruis van sneeu wat iewers van bo-op die berg begin aftuimel teen ‘n geweldige spoed. Of die man is dronk of hy leer nog om te ski, of hy kan ski maar met al die alkohol in sy lyf gaan dit maar moeilik.
Dis snaaks ietwat ironies, met ‘n spoed is hy op, oor die een heiling teen die ander een af, en dan vlieg hy hoog deur die lug. Hy knuip sy oë styf toe, hoe ver hy gevlieg het weet hy nie maar hy was baie dankbaar, want dit was ‘n veilige landing. Alhoewel sy kop eerste die sneeu getref het, en soos ‘n lamppaal geplant is met sy bene wat bo die sneeu uitsteek. Die sneeustorting het wonderbaarlik hom net gemis, ‘n ander skiër het op hom afgekom sekondes daarna, en hom gehelp om weer op sy voete te kom.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed