Mistiek van musiek (en wat dit doen aan my siel)
Op die ritme van note op die rug van liriek,
sweef gedagtes na gister se akostiek.
Emosie van nostalgie vier hooggety
bring heimwee en verlange terug na my.
.
Oopgekloof lê my hart, bloei in verlang,
Vloei rivier van trane vry oor my wang.
Herleef ek in hede, die goeie van verby,
ween ek vir vandag, sal ek my self kasty.
.
(Te veel wat ek onthou, te veel wat ek mis…)
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.