Wee van ‘n mens
Lewe gevul met elke sekond,
soos uurglasstof in buddarond.
Tap die korrel drup-drup leeg
wat enduit niks in waarde weeg.
Mens, gevorm uit stof en grond
so delekaat, ragfyn afgerond.
In kokon van lyf en been
soos klip om edelsteen.
Eens gladgestreelde sysag vel
Rimpel in oudword se dae afgetel.
Herinnering wat was, dans in geheue
onthou gedagtes in oumens tree.
Tik tyd verby, leeg die uurglas sy sand,
raak-raak siel aan die geesteskant.
Verruil tentwoning, verander in stof.
Met siel wat voortleef in Almag se lof.
Paula Paxton©
14/6/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.