Jongste aktiwiteit:

Wee van ‘n mens

Lewe gevul met elke sekond,
soos uurglasstof in buddarond.
Tap die korrel drup-drup leeg
wat enduit niks in waarde weeg.

Mens, gevorm uit stof en grond
so delekaat, ragfyn afgerond.
In kokon van lyf en been
soos klip om edelsteen.

Eens gladgestreelde sysag vel
Rimpel in oudword se dae afgetel.
Herinnering wat was, dans in geheue
onthou gedagtes in oumens tree.

Tik tyd verby, leeg die uurglas sy sand,
raak-raak siel aan die geesteskant.
Verruil tentwoning, verander in stof.
Met siel wat voortleef in Almag se lof.
Paula Paxton©
14/6/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed