Jongste aktiwiteit:

Pyn

Pyn

wanneer pyn sy vat vat
aan die gebuigde hoek
wil ek dit vinnig inkatrol
weer ‘n gooi maak
verder see in

die ottter moet dit sluk
uitspoeg by die baken se draai
om te sluk deur ‘n reuse haai

hy sal pyn die spit laat byt
met flymskerp gebit
dit weer uitrol
laat spoel in visvyvers gekraal
sodat ‘n seemeeu dit gaan haal

opswiep dikgesnawel
pyn laat val in die niet

suid oos kan dit gee vir noord weste wind
om weg te waai
af te maai
stuk vir stuk
tot in die verste kaai

die seerste kan dan gaan nes
maak in die holkrans waar die
waens draai

daar sal hoogwater hard
daarteen bots en klots
laaste pyn wegslaan
die diepste diepsee in
sonder verdriet
vreugde kan vir ewig
op Roman baai

© Laantie le Roux




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed