Saad
Lank gebêre in ‘n kas
tot die tyd geleë was
rustend, slapend
om nuut te kon verrys
Dis die wonder van ‘n saad
wat dit so kosbaar maak
Die diep verskuilde potensiaal
om na jare lange slaap, te ontwaak
Diep verskuil in ‘n siel
net so teer en verniel
sluimer die wonder ook
om weer te ontkiem met hoop
Dat nog ‘n poging
sal uitloop op ‘n nuwe begin
van geluk en liefde
en om iemand te bemin
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.