Jongste aktiwiteit:

Kersfeesgebed – in ‘n tyd soos dié

Sal die nagte ooit weer stil wees
soos dit lank gelede was,
so heilig en vol vrede
met ‘n hemel waarin sterre
soos Kersfeesliggies pas?

Soms lyk alles dan so donker –
selfs die son verloor haar krag.
Ons bly soekend na die lig,
maar vind alewig dat ‘n skemer
altyd êrens op ons wag.

Ons weet ons moet geloof hê,
nogtans – is ons meestal bang.
Hierdie wêreld voel vyandig –
só, asof ons behoud
aan die dunste draadjies hang.

Ons wonder waar die liefde is,
die hoop het ons beskaam.
Daar’s geen herder om te volg nie
en die klank van engelkore
is lank reeds aan die taan.

*

O Heer, wys ons weer die Kind.
Hý, met U woorde in Sy mond –
die een wat ons vooruit wil loop
(deur elke diepste donker)
tot by ‘n nuwe môrestond.

‘n Hele melkweg skitter bo ons.
Hoe blý ons dan so onbewus
dat U liefde ons moet dring –
tot elke nag op hierdie plek
wéér so stil
en heilig is.

© Carma Shaw
21 November 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed