nalatenskap (Goud)
sou ek nou tot sterwe kom
sal niemand sê:
…wat ‘n verlies! ek wou haar nog ontmoet…
nie
ek is g’n woordmeester nie
my verse is stil, ingetoë
hul grense lê knap
en ná aan huis en haard
daarom leef daar (nog) geen
poëtiese beleënheid in my oë nie
ek het geen letterkundige nalatenskap
om van te praat óf te skryf nie
al wat ek tans skugter bied
is ‘n hart vol verse
en ‘n rekenaar vol pogings
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.