Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Geslag
INK naam

Christelle van Rooyen

Biografie


Outobiografie – Christelle K. van Rooyen
Christelle Kathleen van Rooyen is gebore (19 Augustus 1982) en getoë in Dordrecht, in die Oos-Kaap.
As een van 6 kinders, was sy van kindsbeen af ‘n dromer met vele ideale.
Haar liefde vir die natuur, haar mense, die platteland en vir haar Skepper, sypel ook gereeld in haar skryfwerk deur.
Belangstellings en stokperdjies:  Dig, skryf, navorsing, lees, skilder, tuinmaak, fliek, natuurstaptogte, beproef van nuwe kosresepte, reis, en vele meer!
Dig- en skryfprestasies tot op datum:
2003:
Derdeprys in die Poetry Institute of Africa se digkompetisie en bloemlesing: ‘Dagboek van Gister’ met haar gedig:
Die groot K’
2005:
Vierdeprys in die Poetry Institute of Africa se digkompetisie en bloemlesing: ‘Transcending Moments’ met haar gedig: ‘Pappa’
November 2022:
Aangewys as deel van 10 skrywers wie se vervolgverhale in ‘Skryf jou Storie’ se ‘Mini-Skryfkompetisie 2’ in ‘n bundel by Die Waarheid Boeke gepubliseer is, met haar misdaadverhaal: ‘Die Emoji-Reeksmoordenaar’.
November 2022:
Haar naamgedig/akrostigon ‘Skaterlaglekker Monsterwales’ word gekies vir publikasie in die digbundel, ‘Digvorme Volume 1’ wat deur Die Waarheid Boeke gepubliseer is.
November 2022:
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) 2022 Digkompetisie:
Die volgende vyf gedigte word deur die GHA gekies vir publikasie in die bloemlesing, Stemme uit die Suiderland XVII:
1.     Geliefde Platteland (Afdeling B: Plaaslewe)
2.     Onse Jan (van Riebeeck) – (Afdeling C: Jan v Riebeeck)
3.     Soos Ú wil (Afdeling D: Geestelik)
4.     Narrelag (Afdeling J: Algemeen)
5.     Afrikaans mý taal (Afdeling L: Kultuur en Erfenis)
Julie 2023:
Een van 10 digters wie se Rondeel gedig getiteld ‘Herfs se Lewensakker’ in week 7 van die Die Waarheid Media se Mini Kompetisie 3, Volume 2, gekies en gepubliseer is.
02 November 2024:
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) 2024 se 20ste Digkompetisie:
Die volgende gedig, ‘Die Jona in My’ word gekies vir publikasie in die digbundel, Stemme uit die Suiderland XIX.

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed