Lekker op die plaas
Lekker op die Plaas
Wanneer die dag gaan slaap, kom fisant en tarentaal roep hul families saam.”Kom, ons gaan.”
Jakkals sing sy lied vir die aand. Uil laat weet wie is baas.
Klaas Muis skarrel vir sy laaste stukkie graan.
Soggens, wanneer die maan verdwyn, kom verf die son die hemel met al sy kleure.
Kyk hoe kom al die diere saam. Almal groet die nuwe dag.
Met koffie in die hand, dankbaar vir alles uit die Vaderhand, begin ons werk hier op Beloofdeland.
En wanneer die son weer sak, kom alles tot rus.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.