STAPPERTJIE – WEGGOOI KIND
Waarheen nou verlore kaalvoet kind
waarom loop jy in die modderplasse
en glimlag met die wind?
Wie het jou ‘n swaarkry in die hand gestop
al jou kindwees kaal gestroop
en jou gelaat ‘n grootmens droom?
Elke oop venster is vir jou ‘n paradys
waar jy grootoog na ‘n oop kospot verdwaald bly staar
en krakies van verlange net groter in jou ogies word
Môre sal jou in ‘n stegie met ‘n harde stuk broodjie vind
maar jy sal opstaan en met wyse oë
vir jou ‘n rigting deur die see van mense baan…
Waarheen nou verlore kaalvoet kind
waarom loop jy in die modderplasse
en glimlag met die wind?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
pragtige en deernisvolle gedig!