Jongste aktiwiteit:

SPORE

Ek staan by twee ry spore
in die vurkpad van my drome
een gaan links die ander regs
en saggies val die reën

Ek staan by die vurkpad en bly wonder
links of regs
terwyl die water vore deur die spore vleg

Besluit besluit
is dit dan links of regs
terwyl die spore wegsmelt in die gras

Waarheen gehasie
waarheen haas jy met die kopergoed
twee ry spore en die reën wat val

Die son kom lek my wakker
en lei my na die vurkpad en die weggespoelde spore
met ʼn papierinstruksie: “terugdraai is ook reg”

Twee ry spore weggesmelt
geen son geen reën
net die keuse links of regs

…dan draai ek terug
my droom se spore nou ook weg
te lank gewonder oor links of regs
en die spore op my pad gevleg




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed