Wees nie bang bedroefde Vrou
Wees nie bang bedroefde vrou is geskryf en gekomponeer deur LadySoul Marieta Calitz. Deel van eerste audio dig bundel.
Bedroefde Vrou
Is daar dalk, ʼn verstote vrou
Baie bedroefd en vol berou
Sweef jy rond in ʼn donker gang
Met duisternis wat om jou hang
En is daar dalk
n verdrukker om jou rond
Loop jy met jou kop in die grond
Stel jy jou lewe aan die kaak
Het vrolikheid jou nou verlaat
Maar God sê:
Wees nie bang bedroefde vrou
Ek ontferm my oor jou
Ek het jou nooit nooit vergeet
Ek is nie daar om jou af tebreek
Wees nie bang bedroefde vrou
Jy hoef nie bang te wees
Vergeet nou van die verlede
en bou op die hede
Laat Sy gees in jou liggaam heers
Jy, hoef nie bang te wees
Geen verdrukkers om jou rond
Jy het ʼn vredes verbond
Hy wil aan jou Sy liefde betoon
en jou met die ewige lewe bekroon
Geregtigheid sal om jou heers
Jy hoef nie bang te wees
Wees nie bang bedroefde vrou
Wees nie bang bedroefde vrou
©MarietaCalitz[ladySoul]
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.