Jongste aktiwiteit:

Ons almal se wense…

Mag jy vir elke traantjie tien duisend glimlaggies ervaar,
want almal van ons kry op ‘n tyd van ons lewens baie swaar.
Maar ons mag nie moed op gee nie,
want onthou Hy is die Krag,
en baie is moontlik deur Hom wat vir jou die krag gee.

Vir elke stukkie harsteer wat jy ervaar,
mag jy miljoene kere meer gelukkig voel.
Soms maak ons mense na ons seer,
alhoewel ons dit glad nie bedoel,
en onthou dan is dit vir elkeen bitter baie swaar

Mag jy vir al die ongelukkigheid in jou lewe,
die mense wat jou seergemaak het vergewe.
Dit sal jou vry maak,
sonder haat-
of wraak.

Dan kan jy weer met ‘n gelukkige hart,
vanaand gaan slaap.
Doen dit vir jouself,
sodat jy meer gelukkig voel,
jy hoef nie eers baie diep te delf,
jy sal sien wat ek bedoel.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed