Jongste aktiwiteit:

Kyk, Kyk Net

Kyk, Kyk Net

Ons sit buite en volg die wolke en windrigting
soos die windpomp se vlerk soms woes draai—
Mens en dier kyk biddend op want die
wolke stapels lyk belowend en pragtig
met sierlike boë en kartels, maar die weer
dreun egter so verweg en halfhartig soos
in ‘n binnensmondse gemompel, maar
dit lyk asof die wolke gaan saampak
maar wyl daar ‘n paar yl sprinkles val
breek die son onverwags helder deur en
jakkals trou met wolf se vrou en skielik
is die reën so verskrik en skoonveld—
Die brandmaer diere se koppe sak laer
en die mens se skouers hang moedeloos
want waarheen het die lafenis verdwyn
en verdamp sak en pak gewetenloos vort
so siende blind vir die ellende—
Kyk, kyk net na die dorstige aarde en
die pleitende biddende
mens en dier—

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed