Wees wie jy is….
Jy is uniek gemaak,
elke liewe eienskap van jou verskil
van iemand anders sin,
net jy weet wanneer om die einde aan iets te sit,
net jy weet wanneer om te begin.
Moet vir niemand op die aarde verander,
want selfs jou hartjie is uniek gemaak.
Elke liewe haartjie op jou lyf verskil van iemand anders,
want jou DNA maak jou uniek,
al is daar in almal se lewe ‘n kraak,
maar net jy self kan besluit wanneer om die heel te maak.
Wees wie jy is,
want jy’s perfek in God se oë,
vir iemand daar buite is jy perfek,
moet nooit daarin ophou glo,
dit sal jou lewe verfris..
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou..
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.