Visie
voëls
pik pik saad
hul oë kyk nooit vooruit,
maar knip blink onverpoosd
en dis alles vry
insekte
vladder oral rond
hul oë is kompleks,
maar fokus net op vandag
en dis alles vry
diere
bak in die son
hul oë half sluimerend,
fokus net op vandag se kos
en dis alles vry
homo sapiens
in alle geure kleure en tipes
se oë is geset vorentoe
hul fokus is langtermyn baasskap
en dis gevangenskap
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.