Onverdiende liefde
Soos waters na benede stort U liefde in my siel
Aanhoudend sonder ophou, ongevraagd en onverdien
Soos stormwaters bruis dit deur die kamers van my hart
En reinig dit en was my, skoon van seerkry en van smart
Hoe kan ‘n mens dan twyfel aan die grootheid van ‘n God
Aan vertroosting en genesing, en die liefde se gebod
Bruis deur my o Vader, en was my silwerskoon
Kom maak my hart ‘n plek waar U graag sal wil woon.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.