Jongste aktiwiteit:

Hier is ek

As jy my soek en my nie kry

of jy loop in die straat by my verby

As jy roep en ek nie hoor

of jy my in die skare verloor,

Onthou dan, ek is hier…

 

As jy wonder of ek bestaan

en of jy my moet laat begaan

As jy droom dat jy my sien

En soms wonder of jy my verdien

Onthou dan, ek is hier….

 

Jy ken nog nie my naam

of weet eers van my bestaan

En dalk bid jy vir die tyd en plek

Dat jy my sal kry en sal weet dis ek

Onthou dan, ek is hier…

 

Stadig sal ek die dae aftel

Tot jy vir my jou naam vertel

So, liewe “whoever you may be”

Onthou dan, ek is hier…




2 Kommentare

  • Koos Elsum

    Ja so stotter ons voort in hoop dankie vir die gedig ! Kommetaar: Ek is geen kenner vd tegniese aspekte vd digkuns nie, die volgende is net my eie leer proses 1: Die gebruik van hoofletters vs klein is opvallend laat lesers wonder of dit seksies in die gedig saam voeg of nie 2: Die seksie "Jy ken nog nie my naam of weet eers van my bestaan” mis sekerlik nog ń nie in die tweede reël wat die noodsaaklikheid om ń gedig hard-op te lees weer uitwys

  • Jnet

    Dankie vir jou kommentaar. Net soos u is ek ook nie ʼn tegniese kenner van dig nie. Maar ek sê wat op my hart is op my manier. Dig is ʼn kuns vorm en word juis nie onderwerp aan die algemene nie. Dus... 1. Die gebruik van die hoofletters is met ʼn doel so gedoen. 2. Daar kort nie ʼn ekstra 'nie' soos u voorstel nie. Ter wille van rym, kies ek om my skryfstyl vir my te maak werk. Vriendelike groete

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed