Jongste aktiwiteit:

Die asem in my

Na U beeld

het U my gemaak

Gebroke mens

maar tog volmaak

U sit U woord en Gees in my

Om my op my lewenspad te lei

 

Op skerpioene en slange

sal ek trap

Ek sal klipperige paaie

saam U stap

Ek sal dinge roep

asof dit bestaan

En elke wapen teen my

sal U verslaan

 

Na waters waar rus is

sal U my lei

Niks sal my van U liefde skei

In U teenwoordigheid kan ek rus

Want dis U asem wat in my is




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed