
Somerglans
O, mooiste maand
Kom kelk oor aard’ jou fleur
Tros welriekende balsem
Oor laaste winterreste
Bot gul nuwe verwagting om
Eersug aan te wakker, en
Rugsteun somerglans met vreugde!
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2021 – Akrostiese projek